top of page
Search

This Letter was received from Sonja

Writer's picture: elnavanloggerenbergelnavanloggerenberg

Updated: Sep 5, 2018

Hallo Elna

Ek is so bly hier waar ek sit en hierdie brief vandag vir jou skryf! Ek hoop jy onthou my nog. Ek het sowat ʼn maand terug van die probiotics by jou bestel vir my jongste seuntjie, Ewan. Ons bly in Lydenburg en Ewan is 3 jaar oud. Dit gaan al BAIE beter met Ewan! Hy het definitief verbeter vandat ons met die probiotics begin het. Ongeveer ʼn week nadat ons daarmee begin het, het hy begin beter eet, eet nou omtrent 5 nuwe kosse en dit bly toeneem. Hy het meer energie en lyk sommer gesonder. Ek gee hom ook Flaxseed-olie. In die laaste maand het sy woordeskat verskriklik uitgebrei, hy begin nou in sinne praat.

Vanoggend het hy sy broekie afgetrek en by die toilet gaan staan— eerste goeie teken vir potty training! Hy het emosioneel baie ontwikkel. Ons het ʼn week gelede twee nuwe maltese babahondjies by ons gesin gevoeg. Hy wou niks met hulle te doen hê nie, maar vandag toe niemand kyk nie het hy die een hondjie saggies gestreel en sy koppie teen hom gesit!! Hy troos my ook en kom om getroos te word. Hy vererg hom as iemand vir hom iets sê waarvan hy nie hou nie, hy gee my ʼn drukkie as ek hom vra, hy lag en het ʼn humorsin. Dit gaan baie goed met hom en sy denke, asook sy emosies, ontwikkel baie beslis.

Ek het ʼn blog begin om mense van hom te vertel en ook ʼn geselsgroep om mense in ons land aan hieroor die gesels te kry. Ek sal dit baie waardeer as jy dit wil besoek of weet van ander ouers wat sal wil. Ewan kry tans 10 ml probiotics ek dink daaraan om dit te vermeerder na 15ml.

Groete Sonja


Sonja het ook haar eie blog. / sonja also has her own blog. Gaan lees gerus meer oor verskillende behandelings vir Outistiese kinders. / Please read more about different treatments for Autistic Children.

Kliek op haar blog-adres / Click on her blog  address. http://www.nsagtelandingsplek.blogspot.com

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


+27 (83) 377 4897 | +27 (11) 888 5048

  • Black Instagram Icon

©2018 by Albiofa. Proudly created with Wix.com

bottom of page